Seksspeelgoed verkoop soos soetkoek in die grendelstaat

SPEEL-SPEEL

Seksspeelgoed verkoop soos soetkoek in die grendelstaat

Afsondering en kwarantynverveeldheid het aanlyn verkope by sekswinkels die hoogte laat inskiet. ANNELIZE VISSER berig die jongste speelgoed vir grootmense is herlaaibaar, omgewingsvriendelik, avontuurlik en tegnologies gesofistikeerd. Let op dat dié inhoud nie geskik is vir mense wat plesier met sonde verwar nie.

TELEDILDONIKA is ’n lekker woord om te sê. Soos jy uit die voorvoegsel tele- (oorsprong: Grieks) kan aflei, gaan dit hier oor iets wat veraf of op ’n afstand geskied. Die agtervoegsel – onika – beteken “soos”. Daaruit lei mens af dat teledildonika na ’n dildo of kunspenis verwys wat oor ’n afstand werk.

Toestelle met afstandbeheer is ’n nuwerige verskynsel op die seksspeelgoedtoneel. Dit stel gebruikers in staat om op ’n afstand van sê maar twee tot drie meter die soort plesier te verskaf waarby ’n hoë mate van fisieke nabyheid normaalweg veronderstel word.

Maar as jy boonop die app aflaai en jou afstandbeheerde speelding via jou slimfoon aan die internet verbind, maak dit nie saak of jou geliefde in ’n ander stad, land of tydsone verkeer nie. Julle kan altyd dáár wees vir mekaar...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X