’n Ode aan uiteet en dinge wat verbygaan

GESONDHEID!

’n Ode aan uiteet en dinge wat verbygaan

Uiteet is terug op die spyskaart. In Frankryk, waar jy selfs 'n glas wyn by jou ete mag geniet, sit MARITA VAN DER VYVER aan by 'n gedenkwaardige maaltyd vol heerlikhede en verrassings – en drink 'n heildronk op oorlewing.

DAAR is dinge wat ons gewéét het ons gaan mis die oomblik toe grendelstate oral op aarde verklaar is – soos om saam met vriende en familie te kuier. Ons het net nie 'n benul gehad van hóé erg die gemis sou word nie. Wie sou nou kon voorspel dat jou hele lyf aan onttrekkingsimptome kan ly ná drie maande sonder vel-teen-vel-kontak met geliefdes?

En dan is daar dinge wat jy eers geleidelik begin mis, aanvanklik amper sonder dat jy daarvan bewus is. Maar namate die weke in maande verander, groei die hunkering dag ná dag. Dinge wat jy waarskynlik nie genoeg waardeer het terwyl jy dit nog kon doen nie, maar nou voel dit asof jy rondom 'n gat moet lewe.

Ek het dwarsdeur die strengste dae van die grendeltyd gesmag na iets so eenvoudigs soos om koffie in 'n kafee te sit en drink terwyl ek die mense om my dophou. Of, ietwat meer ambisieus, om in 'n goeie restaurant te gaan eet, met kelners wat my op die hande dra en disse wat my na my asem laat snak...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.