Ons gaan poedieng maak in bitter tye

KOS EN KOSMOS

Ons gaan poedieng maak in bitter tye

FREDERIK DE JAGER gee toe aan ’n swakheid van die menslike kondisie en lei jou op die verderflike weg van soetigheid.

GAAN soek jou suikertand in die wakis en skroef hom in. Ons gaan poedieng maak in bitter tye.

Behalwe dat die liefste van alle Madeiraniete my graag Poedieng noem (al is sý die ware poedieng), is dit ook ’n bekoorlike voorbeeld van hoe mooi ’n woord by ’n ander taal vasgelê, en in eie mond ingelê, kan word. By soetigheid pas die geroggel van die woord “nagereg” tog nie. Dit rasper die oor net so lelik soos al die g’s in “ons ewige gebergtes”. Poedieng, daarenteen, sing soos glas. Dit spin soos ’n kat wanneer jy poerring sê.

Na-gereg gaan ook in teen, noem dit ’n koloniale skool van denke, waarvolgens poedieng by ’n goeie maaltyd nie iets is wat jy soos ’n afdakkie aan die agterkant van die huis aanlas nie. Poedieng se wortels sit al in die roast beef en mushy peas. En of jy nou agitant is vir die dekolonisering van die spyskaart of nie, dis ’n goeie idee om poerring as deel van ’n maaltyd deur te dink: van waar die gaste hulle skoene in die portaal los, tot by die likeurnasmaak wat die smaakknoppies van die laaste dralende huisgas nog saggies soos ’n marimba speel wanneer sy in die donker van haar kar sit op pad huis toe...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.