Bos of bles: ’n kort maar pynlike geskiedenis van bashare

BOSBERAAD

Bos of bles: ’n kort maar pynlike geskiedenis van bashare

Eers was dit Die Volle Bos. Driehoekies het smal reghoeke geword. Toe kom die landingstrook. Mettertyd het die woord “Brazilian" die ronde begin doen ... MADELEINE BARNARD berig oor 'n sensitiewe onderwerp met immerwisselende modeneigings, en stel Die Pienk Pimpernel op die proef.

NOU die dag het daar 'n pakkie aangekom, hier in die middel van nêrens. Dit is aanlyn bestel en het gereis van 'n onbekende bestemming na Kaapstad, toe vermoedelik per vliegtuig na George en van daar per trokkie na die verlate vlakte waar ek woon.

In die pakkie was 'n vreemde toestelletjie: 'n laserkontrepsie vir die verwydering van liggaamshare wat mens tuis kan gebruik. Dit het my 44 jaar geneem om te besluit dis tyd, want die skaam oor my wollerigheid het nooit weggegaan nie.

Ek dink ek was 11 jaar oud. Ek onthou nog presies waar die Sondagskoolklas gesit het – op 'n kringetjie stoele in die kerk se parkeerterrein. In my kerkrokkie en pêntiehous het ek gaandeweg bewus begin raak van die seuntjies wat kyk na die donker hare op my bene en lekker lag...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.