Wolfgat: Die restaurant aan die einde van die wêreld

#JOBSSAVELIVES

Wolfgat: Die restaurant aan die einde van die wêreld

2019 was ’n trotse jaar vir Wolfgat in Paternoster. Eers was daar die toekenning vir Wêreldrestaurant van die Jaar. Toe het pres. Cyril Ramaphosa vir middagete kom aansit. Maar inperkingsmaatreëls en veral die drankverbod kan die einde beteken, skryf Wolfgat se sjef-eienaar, KOBUS VAN DER MERWE.

DIS nie aldag dat mens ’n e-pos van die presidensie ontvang nie. Die dag toe daar wel ’n presidensiële versoek in die Wolfgat-inboks beland, was ek dadelik agterdogtig dat dit iemand is wat gekskeer. Maar toe gewaar ek die amptelike @presidency.gov.za-adres ...

Die versoek was vir ’n tafel van ses mense vir middagete – geen name is genoem nie. En by navraag of ons die president self te wagte kan wees, is daar bevestig: Beslis nie!

So ’n paar dae voor die aanvang van dié geheimsinnige middagete kry ek ’n selfoonoproep van ’n privaat nommer. Ek moet ’n span sekuriteitspolisie by die Wolfgat-perseel ontmoet vir inspeksie … En toe weet ek...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X