EK weet hoe moeilik dit kan wees om eers te wag voor jy groot besluite neem in ’n nuwe woning. Jy wag omdat jy eers ’n gevoel moet kry vir jou plek. Jy wag, want jy moet eers sien hoe natuurlike lig deur die vensters val. Jy wag, want al jou versieringsdrome op een slag is te duur. Jy wag, want jou pasgebore baba moet nog by die gang aftrippel en bietjie vir bietjie verwoesting saai.
Toe ons in 2015 by ons huis in Kaapstad se noordelike voorstede intrek, het ek ’n ooreenkoms met my man aangegaan. Hy, ’n plantkundige, is verantwoordelik vir buite en ék sal my binne besig hou. Ek het dadelik begin en hy … wel, kom ons sê hy het baie onlangs eers die tuin se eerste nemesias gepluk en in ’n potjie op die eetkamertafel kom rangskik.
Ek dwaal af. Ek het dadelik begin. ’n Trougeskenk-eetkamertafel, spierwit wingback-stoele in die sitkamer en ’n stel nuwe gordyne. Vir meer as drie jaar was dit al. Later stukkie vir stukkie … ’n Nuwe spieël wat ek uit ’n afgestorwe boedel gekry het en self uit Steynsburg in die Oos-Kaap hierheen vervoer het, en ’n geraamde D.Lacey-Derstine-portret van ’n perd. Niks ernstigs nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Die verhale van mense wat soos ek lyk