Boeliebief, akkerkoffie, oorlogsmeel en ’n legendariese toebroodjie

FYNPROE

Boeliebief, akkerkoffie, oorlogsmeel en ’n legendariese toebroodjie

Tot sy dood het pa Petrus geweier om boeliebief in die huis te hê, hoewel ma Marta dit heimlik by bredies en frikkadelle gevoeg het. NETTIE PIKEUR besin oor oorlogskos en ons maak 'n klassieke toebroodjie.

HIER staan die blikkie op die rak: Bull Brand Corned Meat (no pork). Langsaan ’n ou blik Spam, gehou uit die dae toe ons oupa dit wrewelig uitgegooi het. Hy het volstrek geweier om enigiets te eet wat die vervloekste Engelse ingebring het om hul Kakie-troepe mee te voer.         Dit was laat in die voorlaaste eeu, maar geheues is mos lank. Sommige Afrikaners gaan daai verwoesting, verskroeide aarde en skreiende onreg nooit vergeet nie. Tot sy dood het pa Petrus geweier om boeliebief of Spam in die huis te hê, hoewel ma Marta dit heimlik by bredies en frikkadelle gevoeg het.        

“Die oorlog is verby, my kind. Dit het ons familie hier in die Kolonie ook nie veel gepla nie.” Wonderlik hoe sy so na Kaapland verwys het.        

Ons Hugenote het uit Frankryk gevlug ná die herroeping van die Edik van Nantes, wat godsdiensvryheid toegelaat het, maar daar was bloedige skermutselings tussen die Katolieke en Protestante. Laasgenoemde is weg, sommige na Kaap die Goeie Hoop, ander eers na Nederland.         Wat mense – soldate én burgers – tydens oorloë eet, hang gewoonlik af van wat daar is. Kenners van die Anglo-Boereoorlog soos Fransjohan Pretorius kan jou tot in fyn besonderhede vertel van die staaltjies, wrede werklikhede en hongerly.        ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.