Saterdagkos: Van pap en wors tot souse, smere, patee en sult

KOS EN KOSMOS

Saterdagkos: Van pap en wors tot souse, smere, patee en sult

Vir lui en lekker kos op Saterdag doen FREDERIK DE JAGER ’n paar moontlikhede aan die hand.

ONS kry besoek en die gesels gaan draai by Saterdagkos. Saterdagkos is ’n gesinsaangeleentheid. Vir Tolstoi is alle gelukkige families op dieselfde manier gelukkig, maar elke ongelukkige familie ongelukkig op hul eie manier. Van kos is iets soortgelyks waar. Aan hoe gesinne op ’n Saterdagmiddag saam eet, is daar iets gemeen, maar party het nogal uitlandse gewoontes.

In my kinderjare het ons gesin seker so na aan die binnelandse gemiddelde gekom as wat jy kan. Ons was wors-en-pap-mense. Ek tref die onderskeid “binnelands”, want Bolanders en Kapenaars wil mos nie hulle mond aan die pan-Afrikaanse heerlikheid van pap sit nie. Self het ek een van dié in die huis. Die Regering vertel in hulle huis was dit wors en eiers.

Ons gas vertel van die spesiale traktasie wat sy vir die kroos uitgedink het in haar enkelouerdae toe sy suinig met geld moes werk. Dit was ’n konkoksie van blikboontjies, aartappels, tamatie en kaas wat hulle cowboykos genoem het. So het elke gesin sy geheime, en ek wed die Van der Merwes is nie al huishouding waar die blikoopmaker sleutel is tot Saterdagkos nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.