Seekos vir ’n salige ete

VAN KREEF TOT ALLEKRUK

Seekos vir ’n salige ete

’n Seekospot maak jy wanneer die Lotto-mense jou een oggend bel met goeie nuus, skryf NETTIE PIKEUR.

IN die destydse Lourenço Marques in Mosambiek het ons gambas met rys geëet, heerlike garnale gaargemaak met rooi brandrissies. Geen verdere kosse nie, want die revolusie was aan die gang en groente, kaas en vrugte was skaars.

Dit was ons kos by een van die laaste kafeetjies met tafels op die sypaadjie. Met groot plesier het ons ’n man op ’n trekker aanskou. Seker ’n vroeë aanhanger van die Colonials Must Fall-beweging het hy ’n tou aan die trekker vasgemaak, die lang punt om die standbeeld van ’n gehate ou Portugese leier vasgemaak en die beeld (so groot soos die een van genl. Louis Botha op sy perd voor ons Parlement) probeer aftrek.

Die petalje het ons borde vol gambas con arroz nog smaakliker laat proe, want die trekkerryer moes sy poging laat vaar en sover ons weet, staan die beeld nog daar, nes dié van ou Koningin Victoria onder in die Kompanjiestuin in Kaapstad...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.