DIE hond in die advertensie was reg. Dit ís die lekkerrrrr sous. Trouens, in Romeinse tye het dit in die kookkuns byna om die halsbandjie eerder as die hondjie gegaan. Souse is gebruik om die af-smaak te maskeer van kos wat sonder verkoeling nie bewaar kon word nie.
Gelukkig het dinge verbeter, maar skryf jy jou vandag vir ’n larney kookkursus in, dril hulle jou van dag een af met die vyf Franse moedersouse. Dit waarsonder die ganse Franse kookkuns nie kan bestaan nie.
Soortgelyke souse kom in ander lande se kookkuns ook voor, maar dit is ’n goeie begin om onder die Franse vlag ’n soustannie te wees. Hierdie moedersouse het almal dogters, meer as een, en ek skat kleinkinders en agterkleinkinders. Overgeset synde, jy kan ’n swetterjoel souse van dié vyf moedersouse aflei...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.