#DOPBEDONNERD Nr. 4 | Wat’s jou storie?

SKÅL

#DOPBEDONNERD Nr. 4 | Wat’s jou storie?

Die Groot Dors van 2020 het die plaaslike wynbedryf ’n harde knou toegedien. In dié week se #Dopbedonnerd kyk ons na hoe slim bemarkingsplanne – van ’n proekissie tot ’n vertelkonsert – die skade ongedaan maak. Erns Grundling vertel hoe hy en gin mekaar gevind het; ons berig oor 'n skatkis wyn wat binnekort opgeveil word, en nooi lesers uit om hulle eie Proenota by te dra. Sit jou oorfone in vir musiek van Édith Piaf tot Hanru Niemand se ‘Gert Vlok Nel'. Saamgestel deur ANNELIZE VISSER.

Niks piesangs en saagsels nie

Die afgelope twee weke het die span agter 'n veldtog vir Du Toitskloof Wyne as't ware 'n meesterklas in wynbemarking aangebied. 

Sober wynfoto's en pretensieuse proenotas is opsy geskuif in 'n kreatiewe veldtog vir Du Toitskloof Wyne wat op kos en kuier fokus. Ikoniese Afrikaanse disse maak hulle opwagting in proenotas (Meraai se hoenderpaai by merlot, mosbolletjies en fynbosheuning saam met die pinotage-rosé), en op T-hemde waarop “pap en wors" en “skuinskoek" staan. En by 'n vrolike ete by sjef Johnny Hamman se nuwe Bendehuis in Wellington het 'n blink plan 'n hoogtepunt bereik. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X