Gaan sit aan by die tafel en gooi oop die deure van feestelikheid!

KOS EN KOSMOS

Gaan sit aan by die tafel en gooi oop die deure van feestelikheid!

Wanneer ’n mens om ’n tafel aansit en daar is geselskap en daar is kos, staan jy voor die oop deure van die feestelikheid, skryf FREDERIK DE JAGER.

TOE die eeu klaar omgeslaan en die stof gaan lê het en die lewe moes voortgaan, sit ek in die voorstede met ’n werk en ’n huis op my naam en ’n stukkie gras. Ek bou toe maar ’n tafel.

Dit was ’n rowwe affêre van afvalhout wat ek vir ’n ei en ’n appel by die hardeware gekoop het. Krom dik groenerig behandelde planke bedoel vir, weet ek veel, bouwerk of iets robuus. Vir pote jong pale wat nog nie hulle boomheid heeltemal afgeskud het nie.

Dit het ek alles met skroewe en hake en twee hande aanmekaargetimmer op die vloer van die garage, met slegs die primitiefste handgereedskap. Toe die tafel staan, moes ek eers vir twee dae lê...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.