Knoffel, knoffel, knoffel en ’n spoggerige groentetert

KOS EN KOSMOS

Knoffel, knoffel, knoffel en ’n spoggerige groentetert

Die geur van knoffel in ’n dis lig die ordinêre tot binne bereik van die superieure, maak amper goddelikheid van menslikheid en verhef die ondermaanse tot die byna hemelse, skryf FREDERIK DE JAGER. Hy gee hom oor aan die maak van geregte waarin die knoffeltoon die botoon voer.

AS al die aansprake oor die medisinale waarde van knoffel hondwaar is, sou ek nie bloeddrukpille moes neem nie, sou ek ’n rietskraal mens gewees het en elke nag agt uur vas geslaap het. Geen muskiet van ’n dag oud sou my bloed wou eet nie en die krake in die vloer sou nie genoeg wees vir die vlooie om in weg te kruip nie.

Ek sou daarby ’n monster in die katel wees, ek sou nooit verkoue of griep kry nie – selfs nie Covid nie – en al my inwendige stelsels sou soos die ge-tune-de enjin van ’n 24-jarige sportman gespin het.

Verder sou die duffel dit nooit naby my linkerskouer gewaag het om kwade gedagtes by my oor in te fluister nie, en die Boosoog sou my nooit onder die talryke mensdom uit geëien het om ongeluk aan my te besoek nie. Vir graaf Dracula sou ek nie bang wees nie, nóg sou die tokkelos my vervaard maak...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.