VANDAG vereer ek Ma, my skoonma. Dis so ’n goeie resep dat ek gedink het dit verdien om gedeel te word sodat almal Ma se trifle kan geniet. Ek’s nie seker waar sy die resep gekry het nie, maar dit is die beste trifle wat ek al in my lewe geproe het!
Omdat dit so dekadent is, is die trifle net Kerstyd gemaak. Maar ek onthou ook ’n geleentheid af en toe in die loop van die jaar wanneer ’n spesiale versoek gerig is vir ’n troue of verjaardagparty deur ’n vriend, familielid of enigiemand wat “Ma se trifle” geken het. Ons noem dit tot vandag so.
Ek onthou toe ek pas met my man begin uitgaan het, so 30 jaar gelede, het ek en my familie op Kersoggend hierdie enorme trifle wat in ’n ponsbak gemaak is, by ons huis gekry. Hy het Ma se trifle-afleweringsrondtes op Kersoggend gedoen – ses ander trifles is reeds sedert Oukersaand by huise afgelewer voordat hy by ons aangekom het...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.