DOPBEDONNERD nr. 9 | Gee ons in die kwarantyn nog wyn

MY GLAS IS LEEG

DOPBEDONNERD nr. 9 | Gee ons in die kwarantyn nog wyn

In dié week se dopstories vertel MELVYN MINNAAR watter drie plaaslike wyne die snobtydskrif Wine Spectator se top-100-lys gehaal het, en besing chardonnays uit die Elgin-vallei. Daar is ook die eerste aflewering van #Wynskool, 'n nuwe reeks vir mense wat wil saampraat wanneer hulle saamkuier, aangebied deur SAMARIE SMITH. PIETER DE WAAL open die verrigtinge met 'n stofpadstorie, en samesteller ANNELIZE VISSER vertel ten slotte 'n drinkstorie wat belowend begin ...

Johannes die Dopper by die kerkbasaar

Pieter de Waal vertel 'n wynles – of 'n lewensles – wat hy op die pad tussen Wellington en Riebeek-Kasteel geleer het. 

Dit is 'n bitter koue oggend toe ek die man sien staan by die vierrigtingstopstraat net buite Wellington. Dit is nie heel duidelik of hy vir iemand wag en of hy 'n geleentheid soek nie. Sy hand wil-wil maak asof hy besig is om duim te gooi, maar dit lyk amper asof hy self nie oortuig is of hy êrens heen wil gaan of net wil bly waar hy is nie.  Moontlik is die feit dat ek met 'n passasiersmotor ry vir hom al klaar 'n aanduiding dat ek nie gaan stilhou nie en dat hy maar liewer moet wag vir 'n plaasbakkie of -trok om verby te kom...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X