Die hart van Huisraad

KOOP EN VERKOOP

Die hart van Huisraad

Die eks-joernaliste Albertus van Wyk en Magriet Theron se vintage-winkel, Huisraad Modern, het byna per toeval begin toe hulle op Gumtree van hul kombuisstoele wou ontslae raak. Nou is dit ’n skatkis van mideeus-moderne meubels en ontwerper-items uit die 50’s tot 70’s waaruit die eienaars nie net ’n bestaan maak nie, maar wat hulle boonop gelukkig maak. ANNELIZE VISSER gaan winkel toe.

SES jaar gelede besluit Albertus van Wyk en Magriet Theron op ’n dag hul lelike chroom-en-kunsleer-kombuisstoele moet waai. Smaak verskil, moet hulle toegee toe die stoele onmiddellik op Gumtree opgeraap word.

Die buighoutstoele wat hulle met die opbrengs aanskaf, is mooi maar petieterig, veral in ag genome dat Albertus nie ’n liggewig is nie. Hulle word ewe blitsig op Gumtree van die hand gesit.

Dit lyk maklik, sê die Albertus en Magriet vir mekaar...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X