DIS net meer as ’n maand gelede dat ons uit Pretoria weg is. Tussen Kakamas en Marchand, op die Augrabiespad, begin gloeikoperrandjies sowaar al krans om volseisoen-wingerdblare. Gerrit Visser van Vroeë Son-boerdery sê ons moet kom natrossies sny.
“Die goed’s so lekker man, ’n mens korrel jou trommeldik so tussen die rye.” Ek en buurvrou gooi ewe desperaat wal. Nee dankie, nie ’n inkelte korrel meer oor ons drumpels nie. Mens mag nimmer kla oor te veel kos nie, maar nog een boks druiwe en jy kan begin praat van ’n plaag.
Weeksaande haal ek net voor halfsewe die flêtjie ná Unique Fitness se boxercise-klas. Landheer koggel vanuit die skadu van hul stoep. “Ja, Straatkat. Het hy lekker rondgeflenter?” Het ek asem, tune ek hom iets terug. Anders moet ’n oogrol maar wys ek voel ’n vy. Hink met radysrooi bakkies en sweetsmerige oefenpakkie reguit stort toe waar ek die taai dag en klas se troep-gedoe afspoel. Die kwik blink dan nog maklik hier by 35 grade Celsius rond. Geen getof: Nat hare en los pajamas is dress code vir die skemerkelkie-uur en aandete...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Blomtyd-padvat na Namakwaland