Só vind jy liefde aanlyn

OPSITKERS

Só vind jy liefde aanlyn

Daar is tans byna vier miljoen visse in die plaaslike aanlyn see. Dis hoeveel Suid-Afrikaners van alle genders op opsitwerwe na liefde (of ’n skelm vry) soek. ANNELIZE VISSER duik in om vrae te beantwoord oor wie daar swem, en of dit waar is dat jy ’n groter kans het om jou sielsgenoot aanlyn te kry as by die werk of die kerk.

BLIKOORTJIE is ’n stille fonteintjie wat lief is vir “plante,kos kook,werkies by die huis”.

Aan spasies na kommas steur hy hom selde. Hy hou van country-musiek, lees nie graag nie, dra by voorkeur ’n kortbroek en ’n T-hemp, en die kerk sien hom een maal ’n maand. Liefdevolle Blikoortjie soek na “’n maat van inbors en ’n mooi innerlikke” wat met tye ook stil en rustig kan verkeer.

Lagliefie verklaar hy het ’n lied in sy hart. Hy wil vriendskapsbande sluit met opregte, eerlike dames wat nie humeurig of buierig van aard is nie, en sy liefde vir musiek deel...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.