Die grootste verskuiwing in die wêreld waarin ons woon, is nóg die vierde industriële revolusie, nóg ’n virus wat in golwe oor die aarde rol. Dis die ontwrigting van die idee dat gender ’n binêre verskynsel (man en vrou) is wat deur biologie bepaal word, en die vestiging van ’n heel nuwe begrip van hoe gender ervaar word. Selfs al sien jy dalk (nog) nie kans om jou kop hiervoor oop te maak nie, moet mens ten minste probeer verstaan waaroor dit gaan. ANNELIZE VISSER brei haar en jou woordeskat uit.
EK het die webwerf slate.com se troostante, Prudence, ’n paar jaar gelede ontdek. Dit was allesbehalwe “Vra vir Liewe Elize”. Die vrou wat namens die Dear Prudence-persona lesers se vrae beantwoord het, was Mallory Ortberg, skrywer van onder meer die New York Times-blitsverkoper Texts from Jane Eyre, en medeskepper van die vermaaklike feministiese webwerf The Toast.
Haar raad was op die man af, sekuur en sekulêr, en soms het die briefskrywers self deurgeloop. Dit was voyeurisme uit die boonste rakke en ek het begin uitsien na Maandae en Donderdae wanneer nuwe aflewerings van Dear Prudence verskyn.
Laat in 2018 het Mallory Ortberg ’n gedaanteverwisseling ondergaan. Sy naam was nou Daniel M. Ortberg, sy raad net so vlymskerp soos altyd. Ek het Daniel op Twitter begin volg en op dié manier verneem dat hy aan die einde van 2019 met Grace Lavery getroud is en voortaan as Daniel M. Lavery bekend sou staan...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
GENDER BENDER
Geslag vs. Gender | Die ABC van die T in LGBTQ
Die grootste verskuiwing in die wêreld waarin ons woon, is nóg die vierde industriële revolusie, nóg ’n virus wat in golwe oor die aarde rol. Dis die ontwrigting van die idee dat gender ’n binêre verskynsel (man en vrou) is wat deur biologie bepaal word, en die vestiging van ’n heel nuwe begrip van hoe gender ervaar word. Selfs al sien jy dalk (nog) nie kans om jou kop hiervoor oop te maak nie, moet mens ten minste probeer verstaan waaroor dit gaan. ANNELIZE VISSER brei haar en jou woordeskat uit.
Deel
EK het die webwerf slate.com se troostante, Prudence, ’n paar jaar gelede ontdek. Dit was allesbehalwe “Vra vir Liewe Elize”. Die vrou wat namens die Dear Prudence-persona lesers se vrae beantwoord het, was Mallory Ortberg, skrywer van onder meer die New York Times-blitsverkoper Texts from Jane Eyre, en medeskepper van die vermaaklike feministiese webwerf The Toast.
Haar raad was op die man af, sekuur en sekulêr, en soms het die briefskrywers self deurgeloop. Dit was voyeurisme uit die boonste rakke en ek het begin uitsien na Maandae en Donderdae wanneer nuwe aflewerings van Dear Prudence verskyn.
Laat in 2018 het Mallory Ortberg ’n gedaanteverwisseling ondergaan. Sy naam was nou Daniel M. Ortberg, sy raad net so vlymskerp soos altyd. Ek het Daniel op Twitter begin volg en op dié manier verneem dat hy aan die einde van 2019 met Grace Lavery getroud is en voortaan as Daniel M. Lavery bekend sou staan...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Boeksusters keer die boekbedryf op sy kop
Hoop én hulp vir beroertepasiënte
Jane Fonda in drie bedrywe
Só vind jy liefde aanlyn
Die hart van Huisraad
Waar die hart van vol is …
Goeie en slegte nuus oor jou (manlike) middeljarekrisis
Deel
-
Deel
Annelize Visser
JoernalisAnnelize Visser is ’n skrywer en vertaler en was tot in 2021 lid van die Vrye Weekbladspan. Sy werk tans as storieverteller by ’n internasionale gesondheidsorgprojek. Sy woon in Darling, maar vermoed sy is nie regtig vir die platteland bestem nie.