Jy is nooit te oud om te skei nie

HOE LATER HOE KWATER

Jy is nooit te oud om te skei nie

Al daal egskeidingsyfers in die meeste ouderdomsgroepe, is mense van 50 en heelwat ouer op ’n streep op pad na die skeihof. ANNELIZE VISSER kyk (effens besorg) na wat die sogenaamde Silwer Splitsers aanspoor om dekades lange huwelike vaarwel te roep, en na wat anderkant wag.

TOE vlak 5 van die grendelstaat op 1 Mei verlede jaar eindig, het baie mense om douvoordag die oggend opgestaan om te gaan stap of draf. Ander het hulle na die winkels begewe om nuwe winterklere aan te skaf. En ’n buitengewone groot getal getroudes het ’n afspraak gemaak met ’n egskeidingsprokureur – want al was jy vyf of 35 jaar getroud, was 35 dae se tuis-isolasie vir talle mense die laaste strooi.

DIY Legal, ’n maatskappy wat onder meer bekostigbare regshulp aan voornemende geskeides bied, het in Oktober gesê dat egskeidingsaansoeke by hulle sedert vlak 4 met 20% gestyg het, en dat die meerderheid aansoekers (62%) vroue was.

Amptelike skeisyfers vir 2020 sal eers oor ’n jaar by Statistieke SA bekend wees, maar as internasionale tendense hier van toepassing is, kan dit twee wendinge aandui – ’n styging in die getal egskeidings wat deur vroue aangevoor word, en meer mense ouer as 50 wat ná ’n huwelik van etlike dekades tou opgooi...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.