Uiwe teen die Noordewind en la soupe vir die jintoes

FYNPROE

Uiwe teen die Noordewind en la soupe vir die jintoes

In die uitgawe van 5 Julie 1991 dra NETTIE PIKEUR ’n klassieke resep vir Franse uiesop op aan straatmeisies en myners. Want dis koud.

UIE word in ons kookkuns afgeskeep. Wanneer laas het ’n kelner in ’n restaurant vir jou ’n skeppie heel gebakte of geroomde uie saam met jou skywe lamsboud of steak aangebied? En ek praat nou nie van oliebelaaide slap goed of daai galsterige ringe nie.

Nee, vandag dink ons aan heerlike Italiaanse en Spaanse maniere om uie tot hul reg te laat kom. 'n Rou ui hier by ons is veels te sterk om net so of in tamatieslaai te eet. Dis seker populêre aanvraag, ek stry nie. Maar o, hoe verlang ons na Willem Wasserman en sy liriese beskrywing van hul rooi uie in Malaga in Spanje, waar hy boer: Die goed is so soet jy eet hulle soos 'n appel, sê hy.

Nou die dag sien ek bloedrooi uie in die supermark. Juigend koop ek vier – om wreed tot die werklikheid te kom: Hul skille is rooi, ja, maar die binneste kan jy nog steeds nie rou eet nie. Vergeet dus van uie in slaai, gebraaide en deegbelaaide oliebesoedelde ringe. Slaan weer na oor gebakte, geroomde en gestoomde uie. Hiermee 'n keur dus uit uieresepte...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.