Rooi wyn, rooi gesigte en rooi tamaties

FYNPROE

Rooi wyn, rooi gesigte en rooi tamaties

NETTIE PIKEUR vertel van 'n geleentheid waarby onder meer 'n vreemde Griekse wyn blind geproe is, en van die eend in lemoensap, somertamatiesop en groenbone met 'n Griekse sous wat voorgesit is. Hierdie heerlike artikel het oorspronklik in Vrye Weekblad van 29 Januarie 1993 verskyn.

DIT was weer een van daardie magiese aande wat jou na jou asem laat snak: net anderkant Stellenbosch op die Klapmutspad, 'n plaas wat afloop na 'n groot ou dam met 'n eiland en 'n pont om jou soontoe te bring, 'n wankelrige dek met 'n kaai, 'n potblou hemel met 'n sekelmaan en die aandster wat oor een maand in sy waai sal lê wanneer die vastyd vir die Moslems van oor die hele wêreld heen begin.

Daar was nie Islamse mense tussen ons nie, want ons het wyn geproe. Ai, dit was nou lekker en moeilik en snaaks. Want ons het blind geproe. Dis g'n wynrubriek dié nie, maar wyn is 'n onafskeidbare deel van ons samesyn en kos – en blinde proeë is 'n groot gelykmaker. Daar was wynmakers, plaaslik en van oorsee, en die wyn is geskink met 'n lappie om die bottel, sodat jy moes proe en self vasstel van watter land, druif, streek en jaar die wyn is.

Boy, was daar rooi gesigte. Die ouens – en vroue – is kenners, hoor, and they got it wrong. Een vreemde rooi wyn blyk toe Grieks van oorsprong te wees en 'n jong Franse wynmakertjie wat 'n stint hierdie parstyd doen, het sy gesig van verleentheid weggesteek. Hy het as wynmaker in die einste Griekse wynmakery in die Peloponnesus gewerk, en hy had g'n benul wat die wyn was nie. Mens moet weI sê, daai Griekse wyn was so sleg gemaak en gebottel dat dit waarskynlik op die lang reis hiernatoe sommer vergaan het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.