Tjorts! Stellenbosch se wynroete word 50

DIE DRIE MUSKETIERS

Tjorts! Stellenbosch se wynroete word 50

Die nalatenskap van die drie musketiers wat die Stellenbosch-wynroete in 1971 die lig laat sien het, sweef vandag nog oor dié dorp se berge en dale. MELVYN MINNAAR vertel meer en gee sommer ook 'n paar wenke vir wat om in jou glas te skink vir ’n heildronk op dié mylpaal.

GEGEWE die dinamiek van wyntoerisme op plekke soos Stellenbosch en selfs die buitewyke van die Kaapse wynland is dit moeilik om te glo dat die wynkuierkaart van die 1960's soveel anders as vandag gelyk het. Om die waarheid te sê, daar was g’n kaart of transport nie. Dit was destyds ’n bietjie soos die Wilde Weste van die wingerdland.

Toe kom drie wynmusketiers bymekaar en maak ’n blink plan. ’n Plan wat vandag – in ons dae van uithang-proelokale, ontwerper-etes op die koel keldervoorstoep, en liewe jongelinge wat jou met genoegsame sjarme en kennis na die dieper dinge van die kelder se produkte kan verlei – na pure logika lyk. Dis tog gesonde ekonomiese verstand – fokus op attraksies wat toerisme sal opklits en diep spore sal trap.

’n Formele wynroete, van een kelder na die volgende, vir proe-proe-plesier. Die vreugde van wynkuier as avontuur, van snuif en proe en vergelyk. Dís waarvan die drie musketiers gedroom het. En hul nalatenskap sweef vandag deur en oor Stellenbosch se berge en dale. Dié driemanskap was Michael Hans “Spatz" Sperling van Delheim, Neil Joubert van Spier en Frans Malan van Simonsig...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.