Pakkies en pos: Wat is jou opsies in SA?

MISKIEN KOM DIT NOG ...

Pakkies en pos: Wat is jou opsies in SA?

Kan ons die Poskantoor nog enigsins vertrou om ons pakkies en posstukke te versend? En wat is die ander opsies as jy iets vir iemand wil stuur (en seker wees dit kom daar uit)? ANNELIESE BURGESS gee haar indrukke van die dienste wat sy al gebruik het.

IEWERS in Covid het ons posagentskap gesluit. Op 'n dag was die deur net toe. Net daarna loop ek vir Thembi Skosana, ons “posmeester", in die plaaslike supermark raak. Sy is maande laas betaal, vertel sy, en het uiteindelik maar opgegee. Ek probeer uitvind wat de hel met die Poskantoor aangaan en skryf toe die artikel (https://www.vryeweekblad.com/nuus-en-politiek/2021-08-05-wat-de-hel-gaan-aan-by-die-poskantoor/).

Intussen het Thembi begin werk by die nuwe Postnet wat onlangs oopgemaak het. Die deure van die hokkie in die gang voor die Spar, waar haar piepklein kantoortjie was, bly toe. Nou en dan word rooi kratte daar afgelaai. Die Poskantoor sê: “Kwelera word Dinsdae en Donderdae deur Gonubie gediens en pos word dan in die posbusse gesorteer."  

Mmmm. Ek het baie, baie maande laas enigiets ontvang. En daar staan gereeld bokse met onuitgesorteerde pos agter die koerierdiens se glasdeur. Daar is 'n papier met krom skrif wat die nommer vir die hoofposkantoor in die stad aangee. Dit is nie duidelik waarom mens dit sou nodig kry nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.