MET weemoed dink ek vandag aan ons oorle pa, wat so lief was vir stiltonkaas dat ons dit nooit gewaag het om terug te kom uit Ingeland sonder om 'n stukkie daarvan vir hom saam te bring nie – gewoonlik mooi verpak in 'n erdebakkie van Harrods of Fortnum & Mason.
Tot my verbasing leer ek nou die dag jy mag nie kaas in die land inbring tensy dit vakuumverpak is nie. Dis glo 'n lewende ding, nes plante en heuning, en hulle kan dit konfiskeer en jou beboet. Raai, nè?
Vrind Gyles-die-wynmaker vertel hy en ’n kollega het met nie net letterlik dosyne bottels wyn by Jan Smuts aangekom nie, maar ook met so 'n sterk kaas, gekoop op Orly-Iughawe, dat die lugwaardin gesteier het toe sy die kajuitbak bokant hulle koppe oopgemaak het. Gyles en sy maat het hul pad deur die doeane gelieg, want die maat had wat hulle noem 'n “customs manner". Almal daar glo hom, hy Iyk soos iemand wat sal bloos as hy jok...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.