Kos teen die krisis of: Ontdooi daai pizza!

FYNPROE

Kos teen die krisis of: Ontdooi daai pizza!

Vries is donders nuttig, het NETTIE PIKEUR verklaar. Hoewel kos vooraf maak en in die vrieskas bêre nie almal se manier van doen is nie, sal haar pizza- en osso buco-resepte vir krisistye jou met nuwe oë na jou diepvries laat kyk.

VOORUIT beplan en maaltye vries teen een of ander krisis is mos nie onse manier van doen nie, hoewel ek stom beïndruk is deur die Mormone in Amerika wat 'n jaar se voorraad van alles moet aanhou, just in case.

Ons Pikeurs glo as daar 'n krisis is, gee jy vir die kinders brood en kaas van die kafee, en veld toe met hulle. Maar soms werk dit nie só nie. Af en toe is daar rêrig niks om te eet nie, soos toe ek ná 'n salige week op Montagu in die Karoo teruggekom het Kaap toe, and the cupboard was bare. Niks. Nada. Oppela.

Gelukkig het ek die pot groentesop wat oorgebly het ná Sondag-lunch verlede week net so in die vrieskas gestop, skaars 10 minute voor die Trans-Karoo vertrek het. Die sop het 'n halfuur lank op die stoof staan en ontdooi, waartydens ek by die kafee gaan brood en kaas koop het – en die kafee-en-TV-maaltyd was topklas...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.