’n Eiertjie te lê oor eiers (en goeie maniere)

FYNPROE

’n Eiertjie te lê oor eiers (en goeie maniere)

NETTIE PIKEUR raak nostalgies oor interessante eiergeregte en sy en haar vriendin betreur die gebrek aan eierdisse op spyskaarte oraloor. Haar resep in haar kosrubriek vir Vrye Weekblad van 11 November 1992 vir oeufs bonne-femme sal egter mede-eierliefhebbers se dag opkikker.

ONS broer sê hy gaan eendag 'n tesis skryf oor mense wat dit geniet om instruksies te lees en vorms in te vul. Dit was nadat ek erken het dat Emsie Schoeman se etiketrubriek my fassineer. Jy leer elke keer iets nuuts oor servette, wie waar sit by die onthaal en of jy vuil borde aan tafel opstapel of afskraap.

Etiket-instruksies laat my wonder oor watter arkaniese probleme ander mense mee worstel. Begin net rondvra en jy kry 'n handvol menings van mense wat die moer in is oor hedendaagse maniere. Dit het baie keer te doen met kos en onthale, en dis groot leedvermakerige pret om lyste op te stel van mense met unspeakable maniere.

Ons Pikeurs trap hier versigtig, want die mores van die tempora verander, maar ons trek nooit swart klere na troues aan nie, ons begin nie halftien die aand kook as die gaste vir tienuur genooi is nie (hulle daag natuurlik tussen agt en halfnege op, nie halftien nie, oh lord, this can go on and on). En gasvroue maak nie die voordeur oop om jou in te laat en hol terug telefoon toe om vir nog vyf minute te gaan klets nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.