×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
Soet soos sonde: Ontdek muskadel se geheim

KOEBAAI, 2021!

Soet soos sonde: Ontdek muskadel se geheim

Sy muskadelliefde is in sonde ontvang en gebore. Vandag, as die skemer simfonies oor die vaarwaters uitloop, die sedoos uit respek vir die nag gaan lê, is die sonskyngoud in ’n glasie Kaapse muskadel die dop om die dag se heil mee te bepeins. En, natuurlik, om die ou jaar mee te groet, sê MELVYN MINNAAR.

MUSKADEL het iets met die siel van die mens gemeen. Ek moet bieg: Ek wis dít van my tienerdae af.

Dis hartseer dat hierdie erfeniswyn nie die aandag kry wat dit verdien nie. Laat ek dit duidelik en protesterend sê: Ons maak die beste muskadelsoetwyn in die wêreld en dis beledigend goedkoop en afgeskeep. So hier is my jaareind-voorneme: om by maats en vreemdelinge die evangelie van hierdie “sondige soet" te versprei.

My muskadelliefde kom letterlik uit die kas van die kerksaal. Hoe sou ’n nuuskierige tiener dan nié die nagmaalwyn uitsnuffel nie? (Die saal is vir allerhande naskoolse bedrywe ingespan, konserte is daar gehou, ja, en ook Sondagskool.)..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 November af sal jy ’n subskripsie kan uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.