15 Sauvignon blancs net reg vir sonkuier

SOMER, SON EN SAUVIGNON

15 Sauvignon blancs net reg vir sonkuier

Die druif se naam, Sauvignon blanc, beteken letterlik ‘wilde witte’, skryf MELVYN MINNAAR, en besing die lof van uitmuntende wyne. Dink suurklontjies eerder as suurknol wat jou byt, delikate fynbos eerder as geblikte ertjies, ’n verloklike kilheid op die tong soos ’n rivierklippie en drome van fris geluk.

IN ons kaalbasjare op Sandy Bay was die go-to-lyfreuk vir die nagklub laatnag Dior Eau Sauvage. Dié reukwater vir manne is in 1966 deur die legendariese parfumeur Edmond Roudnitska geskep. ’n Suurlemoen-frisheid en sagte verleiding wat die Franse fougère noem, het al die wilde energie in ’n jongkêrel aangehits – die “sauvage”, “wilde wragtag”.

Sauvignon blanc, ons sonskynland se gewildste somerwyn, laat my altyd nie aan die parfuum dink nie, maar aan alles wat met die woord “sauvage” vasgevang of geïmpliseer word. Wanneer, waar en waarom jy dit vir jou vriende op die mooiste dag moet skink.

Die druif se soortnaam sê wat dit is: “wilde witte”. Aan die een kant het dit ’n persoonlikheid wat jy nie kan miskyk nie, andersins vra dit die wynmaker om daardie uitgesproke aweregsheid te tem. Jy kan die aroma nie ontken of die smaak misken nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.