×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
Stoepsit, seekyk en die toekoms van seekos

KAMMA-VISDISSE

Stoepsit, seekyk en die toekoms van seekos

LIENTJIE WESSELS sit op 'n dek en staar na die see tydens haar onlangse vakansie. En dink aan visbraai, sushi en ’n heerlike tunaslaai wat perfek is op ’n warm somersdag. En haar kop gaan op galop: Hoe lank sal ons dit alles nog nog kan eet?

MENS hoor baie rillerstories oor die see wat spreekwoordelik aan die leegloop is. So baie spesies is reeds op die rooilys dat ek wonder of ons kinders – laat staan nog húl kinders – ooit die plesier van ’n seekosbord in ’n restaurant sal ken. Beteken dit ons kookboeke gaan eendag deel word van die biblioteek se geskiedenisafdeling?

Die ongelukkige feit van die saak is dat dit reeds in ons leeftyd baie verander het. Toe ek ’n kind was, was sole – wat niemand ooit tongvis genoem het nie – op elke restaurantspyskaart en ’n kreefkelkie of heel kreef was nie vreemd nie. Nou moet jy “iemand met connections” ken voor jy daardie lieflikheid op jou bord kry.

Van kookboeke gepraat, ek dink al geruime tyd daaraan dat baie kookboeke wêreldwyd gevul is met bestanddele wat buite die bereik van die meeste mense is...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 November af sal jy ’n subskripsie kan uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.