EK is nie lief vir televisie kyk nie. Ons stroom movies en reekse en dis vir my lekker. Dus slaan ek maar ’n redelike lang tand aan die algemene buffet wat deur onse Afrikaanse televisiekanale voor mens uitgesprei word.
Binnenshuise versiering? Hau. Kosmaak? Nee, hierdie antie kook soos haar gat. Mooimaaksessies vir tannies wat jou laat opeindig met sulke dungehapte two-tone flertsies op die kop en te veel onderlaag en dan klap jou familielede huilend hande wanneer jy op moordhakke agter ’n gordyn uitstruikel? Nee, nee, nee!
Maar daar val onlangs ’n paar kommentare op sosiale media oor Ram vir ’n Rus, ’n vryprogram op VIA wat sedert Oktober verlede jaar uitgesaai word en wat al by troues én hartbreek gaan draai het...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Mamma mia! ABBA is terug!