Vasgekeer in ’n koue badkamertjie gedenk TOM DREYER Houdini se ontsnapkuns, sy oupa se aaphandjie en Robert Scott en sy geselskap in die ysige verlatenheid van Antarktika.
EK was nog net een keer in ’n situasie waar ek in Harry Houdini, die groot ontsnapkunstenaar, se voetspore moes volg. Slegs een keer was ek al vasgekerker in ’n benoude kompartementjie waaruit ontsnapping oënskynlik onmoontlik was. Dit is nie ’n ervaring wat ek graag wil herhaal nie.
Houdini was dalk op sy stukke in ’n dwangbuis binne-in ’n geslote trommel onderdompel in ’n rivier, of al skoppende teen die binnewande van ’n reuse-melkkan. Hy het homself glo per geleentheid in hand- en voetboeie laat vasketting en laat toewerk in ’n allemintige “seemonster” wat in Boston se hawe uitgespoel het. Presies wat daardie “monster” was, laat sy biograwe steeds kopkrap, maar ’n verrinneweerde walvis of leerskilpad voel na die mees waarskynlike verdagte.
Ieder geval, Houdini het skynbaar gedy in daardie soort omstandighede; vir my was my veel meer prosaïese verknorsing dêm onaangenaam...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
VASGEKERKER
Gered deur ’n tandepastabuisie
Vasgekeer in ’n koue badkamertjie gedenk TOM DREYER Houdini se ontsnapkuns, sy oupa se aaphandjie en Robert Scott en sy geselskap in die ysige verlatenheid van Antarktika.
Deel
EK was nog net een keer in ’n situasie waar ek in Harry Houdini, die groot ontsnapkunstenaar, se voetspore moes volg. Slegs een keer was ek al vasgekerker in ’n benoude kompartementjie waaruit ontsnapping oënskynlik onmoontlik was. Dit is nie ’n ervaring wat ek graag wil herhaal nie.
Houdini was dalk op sy stukke in ’n dwangbuis binne-in ’n geslote trommel onderdompel in ’n rivier, of al skoppende teen die binnewande van ’n reuse-melkkan. Hy het homself glo per geleentheid in hand- en voetboeie laat vasketting en laat toewerk in ’n allemintige “seemonster” wat in Boston se hawe uitgespoel het. Presies wat daardie “monster” was, laat sy biograwe steeds kopkrap, maar ’n verrinneweerde walvis of leerskilpad voel na die mees waarskynlike verdagte.
Ieder geval, Houdini het skynbaar gedy in daardie soort omstandighede; vir my was my veel meer prosaïese verknorsing dêm onaangenaam...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel