Nie dieselle ou storie nie: Lees hierdie Mei Suid-Afrikaans

Nie dieselle ou storie nie: Lees hierdie Mei Suid-Afrikaans

Exclusive Books se Homebru-program vier sy 25ste bestaansjaar met dosyne nuwe boeke.

Lees Suid-Afrikaans in Homebru-maand by Exclusive Books.
Lees Suid-Afrikaans in Homebru-maand by Exclusive Books.

Mei het dalk minder vakansiedae as April, maar dit is geen verskoning om lui te wees met jou leeslys nie – en danksy Exclusive Books se Homebru-program, nou in sy 25ste jaar, is dit ’n maand propvol plaaslike leesgenot.

Alhoewel die boekwinkel heeljaar lank Suid-Afrikaanse skrywers en literatuur beklemtoon, bring Mei ’n volle maand se intensiewe fokus op dosyne boeke wat in Suid-Afrika geskryf en uitgegee is, met die tema “Not the same old story”.

Hierdie boodskap word uitgebeeld van Exclusive Books se rakke tot by sy podsendings en sosiale media. Daar word selfs pop-up-boekwinkels by die Kingsmead Book Fair in Johannesburg en die Franschhoek- Literêre Fees in die Kaap beplan.

Volgens Exclusive Books verwys “Not the same old story” na die wye verskeidenheid van boeke wat hierdie jaar in die program ingesluit is: geskiedenis, fiksie, memoires, aktualiteit, humor en heelwat meer, oor onderwerpe van feminisme tot korrupsie.

“Ons het titels gekies wat ’n nuwe perspektief bied op die geskiedenis, wat splinternuwe persoonlike ervarings deel, wat gevestigde menings aanvat en nuwe gedagtes oor selfs ouer temas na vore bring,” verduidelik die boekwinkel.

Onder hierdie jaar se Homebru-boeke is Milner (Richard Steyn), Die Anglo-Boereoorlog in kleur (Tinus le Roux) en Stop Me If You Can (Paul O’Sullivan), asook Spoilt Ballots (Matthew Blackman en Nick Dall). Dan is daar Hermann Giliomee se opgedateerde uitgawe van Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika.

Vir onverwagte insig op die makabere Duiwelsdorp-moorde, lees gerus super-polisieman Ben Booysen se nuwe boek, Op die duiwel se spoor – of volg eerder fiktiewe misdade in Rudie van Rensburg se Monster.

As die feite te veel raak, kan jy ook inspirasie vind in titels soos Here Be Dragons (Richard Mulholland), Masters of Money (KC Rottok Chesaina), Goodnight Golda (Batya Bricker met Ilana Stein) en Mensches in the Trenches (Jonathan Ancer).

Jackie Phamotse se boek Bare IV: Mercy en Haji Mohamed Dawjee se Here’s the Thing is ook op die inkopielys.

En vir die kinders is daar ’n goeie verskeidenheid titels, insluitend Sal ’n skilpad op jou piepie? deur Jaco Jacobs. (Ja, blykbaar sal hy.)

Blaai deur die hele Homebru-katalogus hier:

Pensioenarisse kry elke Woensdag 10% afslag in Exclusive Books se winkels, en lede van die Fanatics-klub kry dubbel die punte op al die titels in die Homebru-program tot einde Mei.

* Hierdie artikel is geborg deur Exclusive Books.

Speech Bubbles

Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.

Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.