×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
’n Baber in die bad

DIE ONBEDOELDE BRANDSTIGTER EN ...

’n Baber in die bad

Natuurlik sal ’n vis wat ’n brand veroorsaak by ’n skryfkursus poëties geïnterpreteer word. TOM DREYER vertel van die indrukke en invloede wat hy in Iowa beleef het.

  • 06 Mei 2022
  • Vrye Tyd
  • 6 min om te lees
  • Artikel 11 van 28
  • Tom Dreyer

DINK jy aan die staat Iowa, sien jy uitgestrekte mielielande en bebaarde mans in Dodge-bakkies met elmboë deur die ruite. ’n Onwaarskynlike plek vir letterkunde, maar hier het ek in 2007 die International Writing Program bygewoon. Min mense weet dat woorde hier eintlik geiler as mielies stoel en dat die stad Iowa City maar die derde Unesco-Wêreldstad vir Letterkunde is. Net Edinburg en Melbourne het hom voorgespring en met skrywers soos Robert Burns en Peter Carey kan ’n mens die Skotte en Australiërs seker ook maar hul plekke gun. Maar ja, ’n wafferse optog van Amerika se voorste skrywers se lewenspaadjie het deur Iowa City geloop: Kurt Vonnegut, Flannery O’Connor, John Irving, Wallace Stegner, om enkeles te noem. Raymond Carver en John Cheever het albei daar klas gegee.

Toe my aanvaardingsbrief kom, moes ek my letterlik knyp oor die vooruitsig om my in dieselfde kamers te bevind waar hulle hul ding gedoen het. En bes moontlik sou ek ook een of twee van hul watergate te sien kry, want skryf was nie hierdie manne se enigste gawe nie. Van my helderste herinneringe aan Iowa City is mense wat aan my plekke uitwys waar Carver in sy dronkenskap van trappe of stoepe afgeval het of sy bewussyn in blombeddings verloor het.

Toe ek ná ’n dag en ’n half op vliegtuie en lughawens by die Iowa House Hotel inteken, was letterlik die eerste mededeling aan my dat Cheever op sy dag in ’n kamer op dieselfde vloer gewoon het. Weliswaar vermoed ek dit was ’n kamer met ’n uitsig oor die mooi ofskoon besoedelde Iowa-rivier wat voor die hotel verbyswaai, eerder as die bot baksteenmuur wat my begroet toe ek my gordyne ooptrek. Tog, dit was verkwiklik om daar te wees, en terwyl die gang liggies om my vervorm soos voor die driewielfiets op die geometriese tapyt van The Shining se Overlook Hotel, het ek en my vlugtamheid die grondvloer gaan verken, die kafeteria, die terras by die rivier...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X