Drink Rose’s Lime en rum by vrugte wat soos groente smaak

FYNPROE

Drink Rose’s Lime en rum by vrugte wat soos groente smaak

NETTIE PIKEUR skryf in die Vrye Weekblad van 9 Oktober 1992 oor eilandkos en -drankies, van gaar groen piesangs, papajas en komkommers – ja, dit kán lekker smaak – tot piesang-daiquiri. Tjeers!

HET enigeen van u al ooit piesanglikeur geproe? Glad nie ’n verskriklike dier, soos ’n sendeling in Afrika nie, hoor. Dis amper so lekker soos Rose’s Lime Juice en rum. Dis wat hierdie Pikeur dié somer gaan drink, van pure verlange na slegword op ’n eiland.

Piesangs is eilandkos, gemaak om iets mee te doen behalwe net so opeet. Gooi sy eie likeur of rum oor en flambé hom, braai in botter en bedien by gebakte bacon en eier, draai toe in skywe ham en gooi ’n kaassous bo-oor, of maak ’n Karibiese dop daarvan.

Ek lees met aandag weer hoe lekker mense op die Karibiese eilande eet. Dit klink vir my nes Inhaca in die ou dae, toe ons van vis en piesangs geleef het. En amêndoa de caju. Op Jamaika, seg die Ingilsman, is dit net so, en hulle drink natuurlik rum en eet piesangs en papajas rou as groente, en ryp as vrugte. Makes sense. En hulle kook komkommers...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.