MY ma het haar huis verkoop. Die een met die lekker stoep en die mooi uitsig oor die Goukourivier en die Sleeping Beauty. Die huis waar my pa dood is. Sy trek, en ek moet gaan help.
My hart is seer, maar so is dit. Nuwe hoofstukke en al daai, en natuurlik, ’n gulde geleentheid om skoon te maak en weg te gooi. As jongste en enigste van my ma se kinders wat in die land is, bied ek aan om te gaan help, nie net in bemoedigende woord nie, maar veral in daad. Ek kies ’n week met baie vakansiedae, pak al my geduld en my Duitse doeltreffendheid en ry Stilbaai toe. Hef aan lê voor.
Met my aankoms kondig my ma trots aan dat sy al 90 bokse gepak het. Ek weet nie wat nie, want die huis is nog vol. Al haar mooi blou bordjies hang net daar teen die muur waar ek hulle Desember nog staan en bekyk het. Die kombuiskaste kreun. Haar allemintige skoenversameling is nog niks minder as allemintig nie. My hart sink en ek gaan drink skelm ’n paar Bobby van Jaarsveld-pille, die klein geletjies wat help vir spanning. Ek vra versigtig of die drie stoorkamers al enigsins aandag gekry het. Nee. Nie so gedink nie. Dis dan waar ons sal begin...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.