’n Hele leërskare van tannies

WIE’S JOU TANNIE?

’n Hele leërskare van tannies

Die tannie-titel kan gerus maar as ’n eretitel gedra word. LINZA DE JAGER beveel aan dat jy weet watter tipe tannie jy is, want dan sal jy jouself vratte en al aanvaar.

OM ’n tannie te wees is nie meer ’n doodstraf nie. Daar is ’n hele leërskare van tannietipes waarby mens kan inpas. Daar is selfs tannies wat glad nie soos tannies is nie. Dink maar aan die 100-jarige Amerikaanse sakevrou en stylikoon, Iris Apfel, wat beter as die meeste mense aantrek, en wat meer suksesvol is as die meeste mense. Hoe noem mens so iemand “tannie” sonder om onnosel te klink?

As ek oud word, wil ek soos Iris wees. Verskriklik kleurvol en modieus, en, ja, kom ons stop liewer net daar. Want ek vermoed sy is so lank soos ’n kameelperd en so maer soos ene, en ek is meer jou boerebeskuittipe.

Maar wat maak dit tog saak? Daar is baie opsies om van te kies wanneer dit by tannie-wees kom. As mens in een stuk deur jou jongvroujare en vroeë middeljare kan kom, kan jy blóm in jou tanniefase. Hier is ’n gids wat mense (en veral mans, wat neig om naïef te wees) sal help om die verskillende tannies te verstaan...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.