Snoeisker ingelê onder sewesrugby

SPORT

Snoeisker ingelê onder sewesrugby

Wêreldrugby gaan die sewesformaat aanpas en LOUIS DE VILLIERS meen alle ander vorme van rugby kan ook baat vind by die ‘less is more’-gedagte. Hy gedenk ook die Nieu-Seelandse metropool Hamilton wat nou nooit weer die kans sal kry om te bewys daar is wel ander dinge as drink hier te doen nie.

DIT kan heel moontlik my verbeelding wees dat die internasionale sewesreeks effentjies begin fut verloor. By die skrywe hiervan het die Blitsbokke immers pas ’n loesing van 38-0 teen die All Blacks in die Sydney-eindstryd gely. In sewes kom jou slae vinnig en intens, soos ’n dief in die nag en dalk is ek maar net blêddie suur.

Dis nie die einde van die wêreld nie: Suid-Afrika se onervarenheid is die grootste rede vir sy wisselvalligheid, maar daar was ook klagtes galore dat die Kaapse toernooi bra saai, duur en veral kort op die hakke van ’n redelik onsinnige Wêreldbekertoernooi was.

En Fidji, my gunstelinge as die Blitse se bioritmes die naweek op die koffie is, vaar ook maar dié seisoen so-so. Die Fidjiane is veronderstel om toorkuns te waarborg, dêmmit. Enigste Olimpiese Spele-kampioen in twee toernooie en dekades lange konings van Hongkong...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.