DIT het terloops begin. In my geval was dit die raak streel op Facebook van ’n aanlyn klerewinkel vir tweedehandse klere, en die foto van ’n vintage-luiperdjassie van fop-pels met ’n goue voering. O, dit was só mooi. Ek het gekyk en weer gekyk. En toe gedoen wat ’n sober en spaarsame mens nie behoort te doen nie. Ek het die moeë, geboë kredietkaart wat ek net vir noodgevalle hou uit my beursie gevis en gekoop.
Daar is ’n gevaarlike bekoring aan die aanlyn koop van vintage-klere. Dis te maklik. Voeg hierby die feit dat ek in die middel van nêrens woon. Hier in die haai Karoo is geen boetieks behalwe PEP en die Spar se sokkie-afdeling nie. Daar is wel ’n gawe liefdadigheidswinkel op die dorp waar ek al Versace, Hugo Boss en Yves Saint Laurent raak geblaai en gekoop het (met my duim oor die label wanneer ek betaal). Hierdie winkel het tydens die grendeldae van Covid my groot studenteliefde vir thrifting en vintage-klere weer brandgeskop. En my geheime identiteit as etiketslet wat sjampanjesmaak op ’n bierbegroting probeer bekostig, onthul het.
Dr Martens op die stoep..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.