15 reëls as jy sosiale media gebruik

LYSTIKEL

15 reëls as jy sosiale media gebruik

Instagram, Facebook, Twitter en WhatsApp maak dit vir jou en Jan Rap en sy maat so maklik om pêrels van wysheid die eter in te stuur. Maar jy kan wetend en onwetend jou reputasie skade aandoen. Span hierdie broodnodige brieke in en ‘save face’ soos ’n goeie Chinees.

1. Geen van jou pennevruggies mag in enige omstandighede op sosiale media geplaas word nie al vind jy hulle hóé kosbaar. Instagram en Facebook is juis besig om ’n protokol te skryf wat die onregmatige gebruik van die ©-simbool (soos by jou gediggies) verhoed.

2. Een foto van katte, kinders, kleinkinders en alle ander troeteldiere mag slegs een maal per maand geplaas word. Video’s net as enige van bogenoemde vermis geraak het en dringend opgespoor moet word (sou laasgenoemde as noodsaaklik beskou word).

3. Moenie ná 50 jou borshare wys nie. As enige ander hare sigbaar is, laat doen onverwyld ’n bikini-wax...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.