Varkwange vir die koolkoppe onder ons

AGTERBLAD

Varkwange vir die koolkoppe onder ons

Kool word in die townships soos die Bybel benader en as jy self nog nie bekeer is nie, het die tyd aangebreek, raai ERRIEDA DU TOIT kosliefhebbers aan.

OM die stigter van 'n koolkop-kultusgroep te wees is nie iets wat ek kon voorsien het nie. Die rare eer het gekom toe smeltkool my pad gekruis het en ek nie my verwondering vir myself kon hou nie. Maar dalk moes ek die storie eerder begin het met 'n trigger-waarskuwing! 'n Mens weet nie wie se jong dae ontwrig is deur kookwalms in koshuisgange, of kool net ken as opgekook tot ’n waterige, vaal pappery nie. Hierdie is jou pad terug na koolbekering.

Die kruis van die koolfamilie

Kool verdien nie die miskenning nie. Dis immers, naas mieliemeel, die belangrikste stapelvoedsel vir die meeste huishoudings in ons land. Dit het selfs ’n troetelnaam, “Johanne 14", in townships en die diep platteland. Kool met sy laag-op-laag blare herinner aan die baie blaaie van die Bybel, vandaar die gewyde verwysing...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.