’n Wonderbaarlike viskerrie (en ander kos wat by my spook)

KOS

’n Wonderbaarlike viskerrie (en ander kos wat by my spook)

ANNELIESE BURGESS sê sekere disse spook by haar en sy probeer hulle uit haar geheue herskep, maar dit kan nooit regtig met die herinnering meeding nie. Behalwe die ou Sam's Café se dun tjoppies en 'n wonderbaarlike (en supervinnige) Indiese viskerrie.

DIE pampoen-en-salmpasta wat voorgesit is by 'n klein restaurantjie in die ou Groot Melville in die 1990's is iets waarvoor ek aand ná aand teruggekeer het, todat die restaurant skielik op 'n dag toe was.

Dan was daar die eiervrug-en-mozzarella-toastbroodjie by 'n eenvoudige Italiaanse plek in Langstraat, Kaapstad. Dit was goedkoop genoeg vir gereelde pelgrimstogte toe ek 'n student by die Universiteit van Kaapstad was en het my liefdesverhouding met eiervrug afgeskop. Ek het herinneringe aan reënerige wintersdae by die gekrapte melamientafeltjies met 'n pot tee en 'n boek en hierdie ongelooflike broodjie op 'n wit bord met 'n rooi lapservet.

Ek het dit al telkens probeer herskep, maar kom nie uit by wat ek onthou nie. Ek mis 'n geheime bestanddeel. Is dit basiliekruid? Tamatie? 'n Tweede soort kaas, miskien provolone? Pesto? Of blote nostalgie?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.