Sop, ’n jolige rys en hoender op die grill: Ali, Anneliese en...

AGTERBLAD

Sop, ’n jolige rys en hoender op die grill: Ali, Anneliese en Deborah kook

ALI VAN WYK kook Julia Child se uiesop, ANNELIESE BURGESS gooi 'n dik Amerikaanse move met 'n grill op 'n ‘porch’ in die VSA en DEBORAH STEINMAIR kook jollof-rys.

Ali | Franse uiesop à la Julia Child

Die Amerikaners het ’n intieme, kosbare verhouding met een van die kos-reuse van die 20ste eeu, Julia Child, skrywer, televisiesjef en akteur. Sy was letterlik ’n reus van amper 1,9 m (6 voet 2) met ’n vrolike alt-kerkkoorstem. Ná sy haar jare lange verblyf in Parys in Frankryk ten volle benut het (haar man was ’n militêre diplomaat daar) deur die beroemde Cordon Bleu-kookkursus te doen en by verskeie sjefs te leer kook, het sy en twee Franse vroue, Louisette Remion en Simone Beck, ’n boek in Amerika gepubliseer om Franse kookkuns aan die Yanks bekend te stel, Mastering the Art of French Cooking van 726 bladsye. Dit was summier ’n treffer en word vandag nog gedruk as een van die seminale kookboeke van die wêreld.

Maar televisie het Child onsterflik gemaak. Sy het glad nie aan die stereotipe van ’n pikante vrou voldoen om ’n TV-ster te word nie. Sy was lomp en groot en het ’n hoekige gesig gehad, en daardie eienaardige, prikkelbare stem. En sy’t foute gemaak, lewendig op televisie, want dit was voor die era waarin sulke programme geredigeer kon word. Hier is ’n senuagtige me. Julia Child se heel eerste televisie-opname...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.