Lipstiek vir ’n Afrika-smoortjie

AGTERBLAD

Lipstiek vir ’n Afrika-smoortjie

Spierinkies, die klein vissies wat jy gebruik om die groteres mee te lok, is nie iets wat jy sommer met 'n vrou se mooimaak sal verbind nie. Maar dis die konneksie vir 'n heerlike, vinnige dis diep uit ons buurlande, skryf EMILIA SMUTS. Sy vertel ook van sampioene wat jy self kweek.

WAT het lipstiek met gedroogde vis te maak? Nee, nie wat jy dink nie.  ’n Naam, dís wat: In die groot mere van suidelike Afrika swem daar massas varswatervissies rond. Piepklein, nie langer as 5 cm nie. Hulle word in hulle derduisende met nette gevang en dan gedroog; en word só ’n belangrike proteïenbron vir talle mense. In die laat 1960’s is van hierdie spierinkies en sardientjies uit die Tanganjikameer na die pas geboude Karibadam verplaas. Daarvandaan is hulle rivieraf Cahora Bassadam toe. 

Tot vandag toe noem Zambiërs dié vissies “kapenta”, en nou begin ons storie draai na die lipstiek toe. Want die volle naam is “ba kapenta milomo”. In Bemba, die taal wat in Zambië se Kopergordel-provinsie gepraat word, beteken dit “iemand wat haar lippe verf”. 

Hoekom?  Kom ons kyk die ding eers wyd: ’n Tradisionele Afrikamaal bestaan uit stywepap met ’n sousie – wat ons in Afrikaans ’n “smoortjie” sou noem. In die Kopergordel was kapenta vir baie jare die gunstelingsmoortjie, want die gedroogde vissies is goedkoop, kook vinnig gaar, smaak lekker – en les bes, ’n koppievol daarvan is genoeg om ’n gesin te voorsien van proteïen en olies en al daai ander heilsaamheid in visse. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.