Brood, my koninkryk vir ’n brood!

AGTERBLAD

Brood, my koninkryk vir ’n brood!

Die liefde vir brood is universeel, en jy kan dit sommer maklik self bak, vir die vreugde daarvan, beter smaak of selfs om geld te spaar. LIENTJIE WESSELS wys hoe.

WYS my die mens wat nie gaande is oor brood nie, of soos Fyodor Dostoevsky gesê het: “Daar is g'n ding meer positief as brood nie.” Veral brood voorgesit met botter, of soos die kosskrywer James Beard sê: “Goeie brood is die mees fundamenteel bevredigende van alle voedsel, en uitstekende brood met vars botter, die grootste van alle feeste.”

Daar is 'n universele liefde vir brood, almal oor die wêreld heen maak die een of ander brood, van gestoomde en groenui-platbrode in China tot baguettes in Frankryk en dan is daar platbrode met soveel variasies as wat daar lande en provinsies is, van Asië, Afrika tot die Amerikas. Gesuurde brood, as ons nie praat van die magdom platbrode waarvan sommiges ook gesuur is nie, het sedert die 1960's 'n herlewing ondergaan, hoewel dit hier ter plaatse eers meer onlangs is dat 'n mens wonderlike suurdeegbrode om elke hoek en draai kan koop.

Die oudste argeologiese vondste wat dui op broodbak, is juis in Afrika en kan moontlik die Etiopiese brood wees wat ons vandag ken as injira. Daar is vandag selfs 'n suurdeeg-biblioteek in Portugal waarvan die meer as 100 suurdeegkulture geskenk is deur bakkers van oor die wêreld heen: Die magdom mikrobes wat brood verskillend laat proe op verskillende plekke. Maar dis 'n storie vir 'n ander dag...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.