ANNELIESE BURGESS onderneem ’n pelgrimstog na Russ & Daughters, waar sy betower word deur die verskeidenheid ingelegde en gerookte vis. Sy koop die perfekte bagel met gerookte salm, ’n bakkie aartappelslaai en ’n potjie vars peperwortel vir ’n afskeidspiekniek in die park.
JY kan my hart koop met haring in al sy gedaantes – plomp rolmops van Woolies wat jy net so uit die bakkie eet; geroomde haring van Giovanni’s in Groenpunt, Kaapstad, op ’n Vrydag, soet en suur met piepklein stukkies agurkies en dille; of ’n vinnige aandete van ingelegde Bismarck-haring saam met ’n gekookte eier.
En moenie my aan die gang sit oor gerookte vis nie. Die lekker vet paling van 'n rookskuur by ’n meer naby my ouma se huis in Sleeswyk-Holstein spook steeds in my drome – in bruinpapier toegedraai en deur my oom Eckart met sy sakmes in skywe gesny. Met ’n glas bier om die kombuistafel. Gerookte paling is die lekkerste ding wat ek nog in my mond gesit het.
My Noord-Duitse erfenis het die eenvoudige boeresmaak van aartappels, beet en gepekelde en gerookte vis in my register van trooskos vasgevang...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
KOS
’n Hemelse piekniekvaarwel aan New York
ANNELIESE BURGESS onderneem ’n pelgrimstog na Russ & Daughters, waar sy betower word deur die verskeidenheid ingelegde en gerookte vis. Sy koop die perfekte bagel met gerookte salm, ’n bakkie aartappelslaai en ’n potjie vars peperwortel vir ’n afskeidspiekniek in die park.
Deel
JY kan my hart koop met haring in al sy gedaantes – plomp rolmops van Woolies wat jy net so uit die bakkie eet; geroomde haring van Giovanni’s in Groenpunt, Kaapstad, op ’n Vrydag, soet en suur met piepklein stukkies agurkies en dille; of ’n vinnige aandete van ingelegde Bismarck-haring saam met ’n gekookte eier.
En moenie my aan die gang sit oor gerookte vis nie. Die lekker vet paling van 'n rookskuur by ’n meer naby my ouma se huis in Sleeswyk-Holstein spook steeds in my drome – in bruinpapier toegedraai en deur my oom Eckart met sy sakmes in skywe gesny. Met ’n glas bier om die kombuistafel. Gerookte paling is die lekkerste ding wat ek nog in my mond gesit het.
My Noord-Duitse erfenis het die eenvoudige boeresmaak van aartappels, beet en gepekelde en gerookte vis in my register van trooskos vasgevang...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Dié silwer vissie laat alles beter proe
Eet uit die see se (s)pens
Lipstiek vir ’n Afrika-smoortjie
’n Avontuur met Mexikaanse kos in LA
Kom reis proe-proe saam
Eet saam aan ’n hickoryburger by Apple Pan
Deel
-
Deel
Anneliese Burgess
JoernalisAnneliese Burgess is 'n voormalige mederedakteur van Vrye Weekblad. Sy is aangewys as algehele wenner van die 2023 ATKV-Mediaveertjie vir ondersoekende joernalistiek.