Sjefs met lang messe en kort drade

MYMERINGE VAN 'N SMULPAAP

Sjefs met lang messe en kort drade

Sommige sjefs is bekend daarvoor dat hulle befoeterd en gefolter kan wees. 'n Onlangse dodelike resultaat het HERMAN LATEGAN aan ’n paar kombuisprimadonnas herinner.

EK lees onlangs (https://www.theguardian.com/world/article/2024/aug/29/youtube-chef-found-guilty-of-gruesome-on-thai-holiday-island) van die aanvallige Spaanse YouTube-sjef Daniel Sancho Bronchalo (30) wat sy minnaar, die Colombiaanse plastiese chirurg Edwin Arrieta Arteaga (44), tydens 'n romantiese vakansie doodgeslaan het. Daarna het hy die man behendig in stukke opgesny, soos  net 'n sjef kan.

Ek spot nie met die dood nie, dit is wat gebeur het. Dit was op 3 Augustus 2023 op die Thailandse vakansie-eiland Koh Pha Ngan, bekend vir sy maanlig makietie-aande op sy mooi strande.

Hulle het glo die metaforiese polka en sakkie-sakkie onder die volmaan gedans met die klotsende see in die agtergrond. Leonardo DiCaprio van die rolprent The Beach kon enige oomblik kaalbolyf uit die branders te voorskyn getree het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.