15 vrae vir Mandri Sutherland

AGTERBLAD

15 vrae vir Mandri Sutherland

As jy 'n komediant wil word, klim so vinnig moontlik op die verhoog en moenie funny probeer wees nie, sê die veteraan van huiskonserte en die vrou agter die trefferstuk ‘Vrou ens’.

EK IS Remona Mandri Sutherland, gebore 1 Maart 1993 in Standerton. Gematrikuleer aan die Hoërskool Ermelo en daarna 'n gap-jaar geneem en drama op Stellenbosch gaan swot. My hele wese is op die oomblik werksaam aan 'n tweede show. Ek werk as aktrise, stemkunstenaar en smaakmaker.

1. Op watter stadium het jy geweet jy wil drama en komedie doen?

In Graad 10 het ek in ons skool se operette (Cliff Richard se Summer Holiday) gespeel, in daai pragtige ouditorium. Daar was definitief iets in my wakker gemaak. Met komedie was dit nooit 'n ding nie, ek het myself nie noodwendig gesien as 'n komediant nie, dit het duidelik vir my geword toe ek in 2021 begin het met ander huiskonserte (Eulogy to the moon en Lilith en Liesbet trou) en om my eenvroustuk, Vrou ens. te doen...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.