WERKWOORDE is die trekosse van taal. Hulle is nie so flambojant soos byvoeglike naamwoorde nie en nie so betekenisvol soos selfstandige naamwoorde nie. Hulle is oneindig buigsaam, gelukkig nie in Afrikaans nie. In ons taal kry elke werkwoord eenvoudig ’n “ge” vooraan om die verlede tyd aan te dui. In die hede werk ek, jy, hulle en ons. In die toekoms sal ons almal werk. Vandag is ons almal en gister was ons almal gewees.
Werkwoorde is baie belangrik in romans, het ek gesien. Skrywers moet waak teen te veel beskrywing. Hulle moet vir die leser wys eerder as vertel hoe die karakter is, deur hulle handeling – werkwoorde.
Ek het weer in Annerlike Afrikaans deur Anton F. Prinsloo, gaan soek na seldsame en onbekende werkwoorde wat ons kan inspan. Daar is sulke handige woorde, dikwels dieselfde as in standaard-Afrikaans, maar anders, meer vaartbelyn ingespan. Byvoorbeeld: Iemand het my horlosie gedief. Die rok geld R300. Die ooi het gedrieling. Ons het die hoë duin geoor...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
DIE LAASTE WOORD
Kôs gham met die krag van werkwoorde
DEBORAH STEINMAIR het nuwe woorde gaan optel soos rivierklippers in een van haar gunstelingwoordeboeke.
Deel
WERKWOORDE is die trekosse van taal. Hulle is nie so flambojant soos byvoeglike naamwoorde nie en nie so betekenisvol soos selfstandige naamwoorde nie. Hulle is oneindig buigsaam, gelukkig nie in Afrikaans nie. In ons taal kry elke werkwoord eenvoudig ’n “ge” vooraan om die verlede tyd aan te dui. In die hede werk ek, jy, hulle en ons. In die toekoms sal ons almal werk. Vandag is ons almal en gister was ons almal gewees.
Werkwoorde is baie belangrik in romans, het ek gesien. Skrywers moet waak teen te veel beskrywing. Hulle moet vir die leser wys eerder as vertel hoe die karakter is, deur hulle handeling – werkwoorde.
Ek het weer in Annerlike Afrikaans deur Anton F. Prinsloo, gaan soek na seldsame en onbekende werkwoorde wat ons kan inspan. Daar is sulke handige woorde, dikwels dieselfde as in standaard-Afrikaans, maar anders, meer vaartbelyn ingespan. Byvoorbeeld: Iemand het my horlosie gedief. Die rok geld R300. Die ooi het gedrieling. Ons het die hoë duin geoor...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Joggomtieties is foejangghaap
Sop, ’n jolige rys en hoender op die grill
Gekattemaai van hier tot Hondeklipbaai
Hou jou by jou lees
Dronk, melaats of slegte asem? Hier’s boererate
Deel
-
Deel
Deborah Steinmair
BoekeredakteurDeborah Steinmair is ’n bekroonde skrywer en onversadigbare leser. Sy was al twee keer die Rapport-kykNET-boekresensent van die jaar.