Daar hoor jy nooit ’n ontmoedigende woord

DIE LAASTE WOORD

Daar hoor jy nooit ’n ontmoedigende woord

DEBORAH STEINMAIR dink na oor die emosionele lading wat woorde dra, die bagasie en vernietigende krag van die woorde in ons mond.

SOMS dink ek aan die woorde van 'n liedjie wat Burl Ives gesing het op 'n langspeelplaat in ons sitkamer toe ek 'n kind was. Hy het gehunker na 'n tuiste waar die buffels vry rondloop, “where seldom is heard a discouraging word and the skies are not cloudy all day." Daardie ontmoedigende woord kan 'n mens se hakskeensenings knak, ek weet.

Vandat mense geluide in groepe begin indeel het om woorde te vorm en betekenis oor te dra, het sekere woorde bagasie gekry. Dit is gewoonlik woorde wat verwys na 'n benadeelde groep in die samelewing. Of mense wat met 'n uitdaging saamleef. Een woord vervang 'n ouer een en word kort voor lank self inkorrek en verbode.

Daar is mense wat hierdie benadeelde groepe wil blameer dat elke woord wat na hulle verwys, mettertyd taboe word. Mense soos Steve Hofmeyr. Maar so werk dit mos nie – as 'n mens of groep eers slegte publisiteit gekry het, word dit 'n meulsteen om die nek en elke denomineerder word verdag...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.